Nuus 11:00
BULLETIN 10 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, verbind haar daartoe om die Openbare Beskermer se kantoor bestendig te maak
# Die Regering word gevra om die siklus van inter-generasie-armoede aan te spreek
# En, Sokker: Die sport skud sy vere reg vir ‘n nuwe spelreël met die die instel van ‘n bloukaart in beroepswedstryde
# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het toewyding uitgespreek om die instelling bestendig te maak en gehalte-ondersoeke te doen. Sy het kennis geneem van wesenlike pogings in menslike hulpbronne, digitalisering en uitreikhervormings om ontvanklikheid en datafokus te verbeter. Gcaleka verkeer onder druk om onafhanklikheid te verseker te midde van omstredenheid rondom haar aanstelling. Ondanks politieke verdeeldheid het haar benoeming in die Parlement goedkeuring gekry. Gcaleka beklemtoon die belangrikheid van onpartydigheid en doeltreffendheid om openbare bekommernisse aan te pak.
Die minister van Justisie het die heropbou van die Nasionale Vervolgingsgesag en die skepping van sy Ondersoekdirektoraat intussen vergelyk met die herstel van ‘n vliegtuig in die lug. Hy is vol vertroue in die goedkeuring van die NVG-Wysigingswetsontwerp wat voor die Parlement sal dien voor dit in Maart in reses gaan. Die wetgewing het ten doel om die direktoraat met robuuste ondersoek-magte te bewapen. Lamola sê die regering het hom verbind tot die bekamping van korrupsie en die versterking van wetstoepassingsagentskappe te midde van die nalatenskap van staatskaping.
# Die Regering word dringend gevra om intergenerasie-armoede onder die Suid-Afrikaanse jeug doeltreffend aan te spreek. Volgens statistiek is volwassenes wat tydens hul kinderjare arm was, meer geneig om as volwassenes steeds in armoede vasgeval te bly. Die uitvoerende hoof van die DG Murray Trust, David Harrison, het in gesprek met Newzroom Afrika die belangrikheid beklemtoon om gehalte onderwys, vroeë-kinderjare-ontwikkeling en behoorlike voeding onder minderbevoorregte kinders te prioritiseer om die siklus van armoede te verbreek:
Die Namibiese Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het intussen bewerings op sosiale media weerlê oor die verwaarlosing van Angolese kinders wat in Namibiese dorpe bedel en items verkoop. Die uitvoerende direkteur, Penda Naanda, het die boodskappe as misleidend afgemaak, en beklemtoon daar is voortgesette samewerking tussen die twee lande om die kwessie te takel en permanente oplossings te vind vir die kinders wat geraak word:
# En, om mee af te sluit, Sokkernuus: Die sport skud sy vere reg vir ‘n nuwe spelreël met die Internasionale Raad van Sokkerverenigings wat die instel van ‘n bloukaart in beroepswedstryde goedgekeur het. Die uitvoerende hoof van Ref Support UK, Martin Cassidy, het aan Sky News verduidelik spelers sal vir tien minute afgestuur word as hulle die skeidsregter teenstaan of vir opsetlike oortredings. Die proefneming sal na verwagting in die volgende seisoen van die FA-beker ingestel word, hangende vandag se aankondiging oor die finale beslissing:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….