Follow Us
News 10:00
Sun 13th Feb 2022
Drought in Spain causes flooded village to emerge after 40 years  
Sun 13th Feb 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 13 Februarie 10 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Kommer oor die moontlike verskuiwing van die SABC se Pretoria-nuusafdeling na ‘n regeringsgebou
# Noodlenigingsorganisasies eis ‘n R50-miljoen skenking aan Kuba moet plaaslik aangewend word
# En, sokker: Banyana Banyana ly ‘n nederlaag van 3-0 teen die Copper Queens

# Berigte sê die SABC se moontlike plan om sy nuusafdeling in Pretoria na die kantore van die Regering se Kommunikasie en Inligtingstelsel in die hoofstad te verskuif, is met weerstand begroet. Volgens City Press is daar vrese oor die beoogde plan want skokgolwe deur die uitsaaier gestuur het, en die SABC ‘n uitbreiding van die regering se kommunikasiekanaal kan maak. ‘n Woordvoerder van die korporasie, Gugu Ntuli, het bevestig alternatiewe kantoorruimte word vir die nuusspan in Pretoria oorweeg, maar sy ontken die skuif na die GCIS-gebou is een van die opsies.

# ‘n Koalisie van organisasies wat by die verligting van hongersnood betrokke is, eis dat die regering se skenking van 50-miljoen-rand aan Kuba stopgesit word. Die groep sluit in Chefs with Compassion, Foodforward South Africa, Ladies of Love, NOSH Food Rescue en die Angel-network. Die regering het gesê die skenking aan Kuba is nodig want Amerikaanse sanksies bedreig steeds voedselsekuriteit op die eiland. Die koalisie wil hê die regering moet die geld dadelik heraanwend vir ‘n onmiddellike, onafhanklike ondersoek na die kernoorsake van hongersnood in Suid-Afrika en oplossings daarvoor.

# ‘n Vier-en-dertig-jarige voormalige werknemer van die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes gaan na verwagting môre in die Pretoriase Spesiale Handelshof verskyn. Hy word glo verbind met ‘n bedrogsaak waarby 30-miljoen-rand betrokke is. Die man het na bewering met ‘n prokureur, Gerard Jacques du Plessis, saamgesweer. Du Plessis is in 2019 tot 15-jaar tronkstraf gevonnis. ‘n Woordvoerder van die Valke, Tlangeleni Rikhotso, sê die verdagte staan tereg op 17 aanklagte van bedrog:

Speel klankgreep: ENG TlangelaniRikhotso

# ‘n Voormalige swart Metropolitaanse-polisie-beampte het onthul sy kollegas het sy gesig wit gewerf sodat hy, volgens hulle, kon inpas. Die mag se eerste openlike gay swart beampte, Gamal Turawa, het aan Sky News gesê rassistiese opmerkings is as “gekskeerdery” afgemaak en hy was “aandadig” aan sommige van die voorvalle van mishandeling waaraan hy blootgestel is. Die voormalige polisiekonstabel sê hy het selfdood oorweeg ná sy klagte oor onbehoorlike gedrag deur ‘n senior beampte na bewering nie ernstig opgeneem is nie. Turawa glo institusionele diskriminasie is steeds in die mag teenwoordig.

# En sokker: Zambië se Copper Queens was gedugte teenstanders vir Banyana Banyana in ‘n vriendskaplike wedstryd gister in Lusaka. Die Olimpiese ster, Barbra Banda, het die eerste doel vir die tuisspan al in die sesde minuut aangeteken, voor Avell Chitundu die telling na twee-nul opgestoot het. Die derde doel was genoeg vir ‘n oorwinning. Die afrigter van Banyana, Desiree Ellis, sê die vriendskaplike wedstryd was ondanks die nederlaag goeie voorbereiding vir die Afrika-Nasiebeker vir Vroue wat binnekort begin:

Speel klankgreep: AFR CoachOnDefeat

Die kaptein van Banyana, Janine van Wyk, sê sy is teleurgesteld, maar weet hulle kon beter gespeel het:

Speel klankgreep : ENG VanWyk

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away