Follow Us
North West mayor says violence against women and children is a serious problem in society [SOUND]
Wed 29th Dec 2021
Eastern Cape association for elderly considers legal action in new year after talks stalled
Wed 29th Dec 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 29 Desember 10vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Die Departement van Gesondheid herroep die verslapping van sy kontak- en opsporingsmaatreëls
# Suid-Afrika se nuwe Covid-19 gevalle toon weer ‘n effense toename
# En, die Vrystaatse premier gaan gebiede besoek wat erg geraak is deur reën

# Die Departement van Gesondheid het die afskaffing van sy isolasie en kontak-opsporings herroep. Die departement het dié veranderings verlede week aangekondig en toe aangevoer dat die voorkomende stappe nie meer nodig sou wees nie, omdat dit ook baie duur was. Maar, mense sonder Covid-19 simptome moét dus nou weer isoleer, óf hulle laat toets as hulle in aanraking gekom het met ‘n positiewe geval. Die departement sê, volgens die beginsels van deursigtigheid en openheid, het hy die implimentering van die nuwe beleid vir eers uitgestel, terwyl hy oorweging skenk aan alle nuwe, bykomende insette en reaksie.

# Suid -Afrika het die afgelope 24 uur sewe-duisend-216 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld. Die meeste gevalle, 28 persent, is van KwaZulu-Natal, gevolg deur die Wes-Kaap met 25-persent, en Gauteng wat 22-persent van die gevalle aangemeld het. 286 mense is ook die afgelope 24 uur in die hospitaal opgeneem. Nóg 25 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat die totale sterftes tot dusver in die land op 90-duisend-854 te staan bring. Die land se herstelkoers staan tans op 91,5-persent.

# Die Stad Kaapstad sê hy steun oproepe dat die regering die Covid-19-aandklokreël voor Oujaarsaand ophef. ‘n Drukgroep vir die gasvryheidsbedryf, The Hospitality Leadership, het met ‘n petisie begin om die aandklokreël opgehef te kry, omdat die bedryf volgens hulle die be-eindiging daarvan baie nodig het. Die stad se burgemeesterskomitee-lid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die beëindiging van die aandklokreël maak ekonomies sin:

Speel klankgreep: ENG JamesVosONLiftTheCurfew

# Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, sal vandag gebiede besoek wat erg deur die onlangse reën geraak is. Swaar neerslae het gelei tot die oorstroming van paaie en woongebiede in laagliggende gebiede. Die provinsiale regerings-woordvoerder, Sello Pietersen, sê steun aan gebiede wat geraak is, is reeds in die pyplyn, deur middel van die ramp-bestuurs-eenheid:

Speel klankgreep: ENGSelloPietersen

# Rugby: Die Noord-Londense klub, Leicester Tigers, word ondersoek vir vorige beeldregte-betalings. ’n Maatskappy, Worldwide Image Management, wat in Februarie gesluit het, beweer dat hy voorheen betalings gedoen het aan Leicester-spelers. Andrew Rogers, direkteur van salarisperke, wat die ondersoek lei, sal kyk of dié betalings ‘n verhoging in individuele salarisse meegebring het, en sodoende die salarisperk-voorskrifte oortree het. Die klub sê hy gee sy samewerking in die ondersoek.

# En laastens, die jongste finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-78-sent teen die dollar, 17-rand-84-sent teen die euro en 21-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 47-duisend-816-dollar-30-sent. Die prys van goud is een duisend-805-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-16-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away