Follow Us
Efforts intensify to avert war in Eastern Europe
Sun 6th Feb 2022
Search for Tshwane flood victim underway [SOUND]
Sun 6th Feb 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 6 Februarie 10 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Die Mediese vereniging is vies oor dokters in Gauteng wat nie betaal word nie

# ‘n Skoolhoof van KwaZulu-Natal en sy vrou is in hul slaap doodgeskiet

# En, gewilde Kaapse strande bly gesluit terwyl temperature styg

# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê hy is bekommerd en kwaad omdat baie dokters wat in die openbare gesondheidsektor in Gauteng werk, nog nie hul volle salarisse vir Januarie gekry het nie. Sama sê daar moet dringend aandag geskenk word om die probleem reg te stel. Die ondervoorsitter Mvuyisi Mzukwa sê baie van die dokters doen meer as wat van hulle verwag word. Hulle het uiterse lang ure gewerk om met min geriewe gesondheidsorg aan die publiek te lewer:

Speel klankgreep: ENGMvuyisiMzukwa

# Die motief vir die skietdood in teregstellingstyl van ‘n skoolhoof van KwaZulu-Natal en sy vrou in hul huis in Port Shepstone, bly ‘n raaisel. Die aanval het Vrydagaand gebeur. Gugulethu Sijadu en sy vrou is vermoor terwyl hulle geslaap het. Hulle kinders het op hul liggame afgekom. Na wat berig word het die verdagtes toegang tot die huis deur ‘n oop venster gekry. Volgens die familie is net twee selfone gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

# Krieket: Die Protea-vroue dra vadnag swart klere in hul wedstryd teen die Wes-Indiërs in die vierde eendag-internasionaal op die Wanderers. Hiermee vestig hulle die aandag op geweld teen vroue en meisies. Dit word reeds Suid-Afrika se tweede pandemie genoem. Vandag se wedstryd sal die reeks bepaal. Nadat reën die eerste wedstryd beëindig het, het die Wes-Indiërs die tweede in ‘n ekstra boulbeurt gewen. Die Proteas het die derde wedstryd ingepalm.

In die Oos-Kaap het die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit amptelik die Krieket Suid-Afrika Twintig-20 reeks van stapel gestuur. Dit begin môre op St Georgespark in Gqeberha. Die agt spanne in afdeling een pak mekaar in 31 wedstryde. Die huidige kampioene, die Leeus, hoop om die titel te verdedig wat hulle vroeg verlede jaar ingepalm het. Die Baai het lank nie enige krieketaksie gesien nie weens die Covid-19 pandemie. Dit sal ten volle ingeënte ondersteuners die kans gee om ‘n fees van top-klas regstreekse krieket te geniet.

# En ten slotte: Terwyl Kaapstad in die somerhitte sweet, moes die stadsbestuur Kampsbaai se strand, Glenstrand en Maiden’s Cove se getypoel sluit. ‘n Stukkende pomp by die uitloop van Kampsbaai se strand, het riool op die strande laat uitloop. Die wanfunksie het Vrydagaand voorgekom en die stad skryf dit toe aan ‘n elektriese fout weens die gereelde kragonderbrekings. Die strande sal eers heropen wanneer die watervlakke weer normaal is. Volgens die stad kan dit twee tot drie dae neem.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away