Follow Us
News 10:00
Sun 21st Nov 2021
Rugby: Fans treated to a feast of international games
Sun 21st Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 21 November 10 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement sê meer as 9 400 leerders het die skool vanjaar verlaat
# Die veroordeelde vrou-moordenaar Jason Rohde is terug agter tralies in die Wes-Kaap
# En, Adele oorrompel kritici en ondersteuners met haar nuwe album

# Die Noord-Kaapse provinsiale Departement van Onderwys sê meer as 9-duisend-400 leerders het vanjaar die skool verlaat. Die woordvoerder van die department, Geoffrey van der Merwe, sê in ‘n verklaring nuwe hoë getalle van tienerswangerskappe by meisies tussen 10- en 19-jaar, die negatiewe uitwerking van Covid-19 en toenemende druk om die skoolleerplan te voltooi, het hiertoe bygedra. Unicef Suid-Afrika se adjunk-verteenwoordiger Muriel Mafico, voeg by geestesgesondheid en psigo-maatskaplike ondersteuning moet vir leerders en onderwysers verskaf word om die skoolverlatingsyfer in die provinsie te verminder.

# Die ANC in Noordwes het ‘n koalisie-ooreenkoms van vyf jaar met twee opposisiepartye en ‘n onafhanklike kandidaat in Rustenburg onderteken. Die munisipaliteit is een van drie in die provinsie waar die ANC nie ‘n volstrekte meerderheid kon behaal nie. Die ooreenkoms met Arona en die African Independent Congress beteken die ANC en sy koalisie-vennote het nou 46 van die 90 setels op die raad. Die woordvoerder van Arona, Tumi Mokgatle, sê die koalisie se hoofdoel is beter dienslewering:

Speel klankgreep: ENG ARONA

# Die gewese eiendomsmagnaat Jason Rohde het sy vonnis van 15-jaar vir die moord op sy vrou Susan in die Drakenstein-gevangenis begin. Rhode het homself gister aan die polisie in Stellenbosch oorgegee. Sy regsverteenwoordiger Tony Mostert sê dokumente vir appèl sal binne die volgende twee weke ingedien word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Donderdag Rhode se aansoek van die hand gewys om sy borgtog te verleng in afwagting van die appèl in die Konstitusionele Hof.

# Tennis: Alexander Zverev het gister vir Novak Djokovic in ‘n opwindende halfeindronde met 7-6, 4-6, en 6-3 geklop. Hy het daarmee ‘n einde gebring aan die wêreld nommer-een se droom om die rekord van ses ATP-eindtoernooi-oorwinnings te ewenaar. Zverev kom vandag in Turyn, Italië in die einstryd teen die Rus Daniil Medvedev te staan. Medvedev is die heersende kampioen en het die Noorweër Casper Ruud in die ander halfeindronde verslaan. Zverev het die 34-jarige Djokovic ook in die halfeindronde van die Olimpiese Spele in Tokio uitgeskakel.

# En ten slotte: Die musiekster Adele het Vrydag haar eerste album in ses jaar bekend gestel. Daar is met groot verwagting uitgesien na “30” en kritici en ondersteuners is in hul noppies.  Dis haar vierde album. Adele sê sy het die album gemaak om  haar egskeiding aan haar jong seun te verduidelik. Sy en haar man Simon Konecki  is in 2019 uitmekaar. Haar treffer-ballades oor verbreekte verhoudings, berou en nostalgie het haar een van die suksesvolste sangers en liedjieskrywers in die musiekbedryf gemaak. Die nuwe album volg op die Grammy-wenner  “25” en is soos haar vorige albums, na ‘n mylpaal-ouderdom vernoem.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away