Follow Us
News 10:00
Sun 14th Nov 2021
Mixed reaction to Cop26 climate agreement
Sun 14th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 14 November 10 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Polisie soek onverpoosd na kapers van Mpumalanga LUR
# Inperkings begin in Wes-Europa wat swaar deur Covid-19 getref word
# En, die Iere vier fees nadat hulle rugbyspan die All Blacks pootjie

# Die polisie in Mpumalanga doen ‘n beroep op inligting terwyl hulle soek na die verdagtes wat die motor van die ANC se Nkangala-streekvoorsitter en LUR vir Menslike Nedersettings, Speedy Mashilo, Donderdag gekaap het. Hy is deur ‘n ander bestuurder tussen Ekangala en KwaMhlanga verbygesteek. ‘n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê twee aanvallers het Mashilo daarna gedwing om stil te hou. Hulle het hom met ‘n vuurwapen gedreig en beveel om in die rigting van Ekurhuleni te ry:

Speel klankgreep: ENGSelvyMohlala

# ‘n Ses-en-twintigjarige man is in Soweto in verband met moord  in hegtenis geneem na liggaamsdele in ‘n yskas in ‘n huis gevind is. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê ‘n polisiebeampte van Protea Glen wat van diens af was is na die misdaadtoneel, ná die liggaamsdele ontdek is:

Speel klankgreep: ENGBrendaMuridili

# Nederland het laasnag ‘n gedeeltelike inperking vir ‘n tydperk van drie weke ingestel terwyl die aantal Covid-19-gevalle skerp styg. Die regering sê hy wil die virus ‘n bloedneus gee. Oostenryk gaan die week ‘n inperking vir on-ingeënte mense begin in twee streke wat erg geraak is. Oningeënte mense in Bo-Oostenryk en Salzburg gaan slegs toegelaat word om hulle huise te verlaat om kos te koop of om na die dokter te gaan. Duitsland se siektebeheersentrum doen ‘n beroep op mense om groot byeenkomste te vermy terwyl die koronavirus besmettingskoers ‘n nuwe rekordhoogtepunt bereik.

# Rugby: Die Vroue-Springbok-afrigter, Stanley Raubenheimer, is in sy skik met die groei van sy span tydens die eerste weke van hulle November-toer. Hy sê hulle gaan egter steeds hard moet werk in die aanloop tot die Rugby Wêreldbekerkompetisie in Nieu-Seeland volgende jaar. Die Vroue-Bokke het twaalf punte teenoor nul in die laaste tien minute van hulle kragmeting teen Wallis op Cardiff Arms-park aangeteken. Maar Nienaber sê die feit dat die span toegelaat het dat hulle teenstanders reeds vroeg met 22-0 kon voorloop, was een te veel vir hulle:

Speel klankgreep : ENGStanleyRaubenheimer

Nog nuus oor die sport is dat die feesvieringe in Ierland net nie ophou nie na die span se asemrowende oorwinning van 29-20 teen die All Blacks gisteraand in Dublin. Die Iere het die grootste gedeelte van die hewige stryd teen die wêreld se beste span oorheers. Drie strafskoppe van Joey Carbery het die deurslag gegee, gevolg deur drieë deur James Lowe, Ronan Kelleher en Caelin Doris. Nieu-Seeland het in Ierland aangekom met ‘n ongekende rekord van 675 punte en 96 drieë, en het twaalf van sy dertien wedstryde vanjaar gewen.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away