Nuus 09:00
BULLETIN 21 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Parlementêre staande komitee loof die uitspraak van die Hooggeregshof in Gauteng wat die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika in ‘n saak teen die Padongelukke-fonds steun
# Die korrupsiesaak teen Dudu Myeni word uitgestel weens haar gesondheidskwessies
# En, rugby: Die Leeus is onder die top-agt van VRK maar die Bulle en die Stormers byt in die stof
# ‘n Parlementêre staande komitee loof die uitspraak van die Hooggeregshof in Gauteng wat die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika in ‘n saak teen die Padongelukke-fonds steun. Die fonds se uitdaging van die Ouditeur-generaal se vrywarings-opinie oor sy finansiële rekeninge het misluk. Die voorsitter van die komitee oor die Ouditeut-generaal, Sakhumzi Somyo, hoop die uitspraak sal die saak oplos en moedig die fonds aan om gehoor te gee aan die hof-voorskrifte oor finansiële rapportering aan die Parlement.
# Die DA het ‘n toename onthul in die aantal staatsamptenare in provinsiale en nasionale regeringsdepartemente wat meer as een-miljoen-rand per jaar verdien. Daar is tans 37-duisend-839, maar dit sluit bestuurders uit in entiteite soos ondernemings in staatsbesit en munisipaliteite. Die onthulling, verkry uit antwoorde op parlementêre vrae, toon verskeie salarisskale, met sommige wat jaarliks meer as 2,1-milljoen-rand betaal word. Leon Schreiber van die DA kritiseer dit as kaderontplooiing wat dienslewering skaad en belastingbetalers byna 47-miljard-rand kos.
# Die Landdroshof in Richardsbaai het die voormalige Suid-Afrikaanse Lugdiens-raadsvoorsitter, Dudu Myeni, se korrupsieverhoor tot 10 Mei uitgestel vir oorplasing na die Hooggeregshof in Johannesburg. Die woordvoerder van die Ondersoek-direktoraat, Henry Mamothame, gee Myeni se hospitalisasie as rede aan. Sy en haar medebeskuldigde, Trevor Mathenjwa, staan tereg op aanklagte wat verband hou met sowat 300-duisend-rand se korrupsie en bedrog, verbind met Bosasa. Beide is borgtog van tien-duisend-rand toegestaan:
# Die Vroue-organisasie van die UDM veroordeel Nestlé wat na bewering babakos met suiker bygevoeg verkoop in lae- en middel-inkomstelande, terwyl suiker-vrye weergawes van dieselfde handelsmerk aangebied word in Westerse markte. Na ‘n ondersoek deur Public Eye en die Internasionale Babkos-aksienetwerk het kommer ontstaan oor moontlike diskriminasie en gesondheidsrisiko’s vir Afrika-kinders. Die UDM-vroue vra aanspreeklikheid en billike toegang tot gesonde kos vir alle kinders.
# En, laastens, rugby: Die Leeus is onder die top-agt van die Verenigde Rugby-kampioenskap na ‘n 44-12-oorwinning oor Leinster op Ellispark. Die oorwinning, en ‘n bonuspunt vir vier drieë, gee die Leeus hulle eerste uitspeelposisie ooit in die kompetisie. Die Stormers het egter in Kaapstad 27-21 verloor teen Ospreys. In Pretoria het ‘n rooikaart vir die Bulle se skrumskakel Johan Goosen die span hulle 21 onoorwonne uitslae teen oorsese spanne laat inboet, met die verdedigende VRK-kampioene Munster wat met 27-22 gewen het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….