Nuus 08:00
BULLETIN 16 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Onderwysaktivis sê die departement van Basiese Onderwys is op regte pad met BELA-wetsontwerp
# Rusland bevestig hy het Suid-Afrikaanse huursoldate in Oekraïne gedood
# En, die Gautengse wetgewer stel vandag ‘n petisie van een-miljoen-mans teen geslagsgeweld bekend
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê monitering en evaluering is noodsaaklik wanneer dit kom by openbare deelname-programme oor die Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwys. Hy voeg by die Departement van Basiese Onderwys is op die regte pad met die wetsontwerp en moet geloof word vir die voorkeur wat aan leerproses en onderrig gegee word. Makaneta sê die wetsontwerp sal orde in onderwysgeledere herstel want dit voorsien gevolge vir onderwysers wat lyfstraf toepas:
# Die Johannesburgse Hooggeregshof het ‘n 30-jarige aanlyn-taxi-bestuurder twee keer lewenslange tronkstraf opgelê, plus 60 jaar, vir verkragting en ontvoering. ‘n Bestuurder van Bolt, Emmanuel Mudau, het vroue geteiken wat ritte van Cosmo City af vroeg in 2022 aangevra het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phindi Mjondondwane, sê vier slagoffers het getuig Mudau het hulle opgetel, na afgeleë plekke geneem en hulle dan verkrag:
# Rusland sê sy inval in Oekraïne het die lewe van 14 Suid-Afrikaanse huursoldate geëis, van die 35 wat aan die kant van Kiëf veg. News24 haal die Russiese Ministerie van Verdediging aan wat sê Suid-Afrika is die derde grootste bydraer van huursoldate uit Afrika wat by die stryd betrokke is, met Nigerië wat 47 van 97 verloor het en Algerië met ‘n verlies van 28 uit 60 huursoldate. Die ministerie sê hy weet van 13-duisend-387 buitelandse huursoldate, van wie byna ses-duisend reeds gesterf het.
# Rugby: Die Sesnasies-wenner word in vandag se eindronde beslis. Wallis kom teen Italië te staan in Cardiff, voordat Ierland en Skotland dinge in Dublin uitspook, en Frankryk en Engeland in Lyon speel. Ierland het ‘n voorsprong van vier punte bo-aan die punteleer, gevolg deur Engeland, met Skotland en Frankryk een punt verder terug. Dit beteken die voorste spanne staan almal nog ‘n kans om die reeks te wen. Italië en Wallis veg dit uit om die vyfde plek en om die laaste plek te vermy.
# En, die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sal vandag die veldtog vir ‘n petisie van een-miljoen mans Geslagsgeweld in White City, Soweto, van stapel stuur. Hy word bygestaan deur die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Mbali Hlophe, en die adjunkminister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Phathekile Holomisa. Die veldtog wil handtekeninge insamel van een-miljoen mans wat geslagsgeweld en ontvoerings teenstaan, en mans mobiliseer om hul vaardighede en dienste vrywillig aan te bied en mans en seuns te bemagtig teen geslagsgeweld. Die bekendstelling is in samewerking met Men in Prayer, die sport- en vermaaklikheid-sektor en burgerlike organisasies.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….