Nuus 08:00
BULLETIN 13 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA verwelkom die OVK se ondersoek na die ANC se skikking met Ezulweni
# Die Pensioenfonds vir Staatsamptenare ondersoek die uitwerking van ‘n datalek
# En, president Ramaphosa sê Suid-Afrika en Ghana het onontginde ekonomiese moontlikhede
# ActionSA het die Onafhanklike Verkiesingskommissie se besluit verwelkom om ondersoek in te stel volgens die Wet op die Befondsing van Politieke Partye na die ANC se betaling van 102-miljoen-rand se skuld aan Ezulweni Investments. Die ANC en Ezulweni het in Desember buite die hof geskik nadat die maatskappy vroeër gedreig het om op die party se bates beslag te lê. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê hulle glo die ooreenkoms is twyfelagtig:
# Die Pensioenfonds vir Staatsamptenare sê ‘n voorlopige ondersoek het bevind sekere data van die Staatspensioen-administrasie-agentskap is verlede maand deur ʼn losprysware-aanval geraak. Die fonds bestuur die pensioene van ongeveer 1,27-miljoen staatsamptenare en dié van meer as 473-duisend pensioenarisse en ander begunstigdes. Die aanval waarvoor die losprysware-groep, LockBit, na bewering aanspreeklikheid aanvaar het, het nie die betaling van pensioene geraak nie. Die fonds sê hy beraadslaag met sy administrateur en Nasionale Tesourie om die uitwerking van die data-lekkasie te bepaal.
# Die beleërde Ekurhuleni-burgemeester, Sivuyile Ngodwana, kry nog ʼn kans nadat ʼn raadsvergadering om ʼn mosie van wantroue teen hom in te dien, gisteraand verdaag is. ActionSA het die mosie geborg en talle partye, insluitend die ANC, DA en Vryheidsfront Plus, het dit ondersteun. Die raad se speaker het egter die vergadering verdaag om ʼn regsmening te kry nadat die ANC en die DA hulle voorleggings gewysig het. Die ANC-raad se hoofsweep, Jongiziwe Dlabathi, sê hulle is nie tevrede met die verdaging nie:
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Ghana het onontginde moontlikhede en baie meer moet gedoen word betreffende die groei van totale handel en die diversifisering van produkte tot waardevolle vervaardigde uitvoere. Suid-Afrika is die grootste aankoper van Ghana-uitvoerprodukte in Afrika en derde grootste invoerder van Ghana-produkte ter wêreld. Ramaphosa het gisteraand by ʼn Suid-Afrika-Ghana-sakeforum in Johannesburg gesê die twee lande moet fokus op die aankoop van werkskeppende landbougoedere, gevorderde vervaardigde en waardetoegevoegde produkte.
# Sokker: Arsenal is vir die eerste keer in 14 jaar deur na die Kampioeneliga-kwarteindronde nadat hy FC Porto vier-twee geklop het in ‘n strafdoel-sessie in die Emirates-stadion. Die Gunners het die laaste-16 tweede ronde met ‘n een-nul agterstand ingegaan, maar hulle het gelyk getrek toe Leandro Trossard hulle voor rustyd laat voorloop het. Albei spanne kon geen wendoel aanteken in ekstra tyd nie. Doelwagter David Raya het daarna twee strafskoppe ingeskop en Arsenal na die laaste agt laat deurgaan. Die bestuurder, Mikel Arteta, sê dié oorwinning is vir hulle ‘n grote:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-66-sent teen die dollar, 20-rand-41-sent teen die euro en 23-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 72-duisend-90-dollar-96-sent. Die prys van goud is twee-duisend-160-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….