Follow Us
Golf: Wilco Nienaber to push for a maiden European Tour victory at Leopard Creek
Tue 16th Nov 2021
Johannesburg Water reservoirs are currently stable [SOUND]
Tue 16th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 16 November 7 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# AfriForum eis antwoorde oor die aandklokreël van minister Dlamini-Zuma
# OPOD ondersoek ‘n voorval waarin ‘n gas by die Misty Hills Country Hotel deur die polisie geskiet is
# En Brittanje se terreurbedreigingsvlak word tot baie ernstig verhoog na die motorontploffing in Liverpool

# AfriForum se regspan het ’n aanmaningsbrief aan die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gestuur waarin die organisasie aanvoer dat die voortgesette aandklokreël irrasioneel en ongeregverdig is. Die burgerregte-organisasie wys daarop Suid-Afrika is reeds sedert 15 Maart verlede jaar onderworpe aan ’n ramptoestand. AfriForum vra die minister moet skriftelike redes verskaf oor die rede vir die aandklokreël en bewyse dat dit doeltreffend is in die stryd teen Covid-19. Sy moet teen Vrydag antwoord.

# Die polisiewaghond, OPOD, ondersoek die omstandighede rondom ‘n voorval Saterdag toe ‘n man na bewering deur ‘n polisiebeampte by die Misty Hills Country-hotel geskiet is. ‘n Woordvoerder van OPOD, Grace Langa, sê die bestuurder van die oord het die gas gevra om die hotel te verlaat, maar hy het geweier. Die polisie is ingeroep en toe hulle daar kom, het hy in ‘n bakleiery met hulle betrokke geraak. Langa sê die man het ‘n vuurwapen uit ‘n laai gehaal, dit oorgehaal en een van die beamptes ontwapen. Langa voeg by ‘n polisiebeampte het toe sy dienspistool uitgepluk en die man in die kop geskiet.

# Suid-Afrika het die afgelope 24-uur 136 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld. Die meerderheid van die nuwe gevalle is in Gauteng met 43-persent, gevolg deur die Wes-Kaap met 16-persent en KwaZulu-Natal met 13-persent. Daar was 18 nuwe Covid-19-verwante hospitaaltoelatings die afgelope 24-uur en nog vyf mense is as gevolg van die virus dood.  Die dodetal in Suid-Afrika sedert die begin van die pandemie staan nou op 89-duisend-489. Die land se herstelkoers is steeds meer as 96-persent.

# Suid-Afrikaanse verbruikers se skuldsituasie is volgens berigte besig om te versleg. Talle mense wend hulle steeds na onversekerde krediet om hulle salarisse aan te vul. Volgens DebtBusters se jongste skuld-aanwyser het werklike inkomste die afgelope vyf jaar met 24-persent gekrimp. Intussen is die skuld-tot-netto-inkomste-koers tans ‘n skokkende 116-persent oor alle inkomstegroepe. DebtBusters se hoof, Benay Sager, sê ten spyte hiervan het die aantal mense wat skuldberading suksesvol voltooi het, in dieselfde tydperk sesvoudig toegeneem. Data toon ook skuld van 300-miljoen-rand is in 2021 terugbetaal.

# Die terreurbedreigingsvlak in die Verenigde Koninkryk is tot ‘baie ernstig’ verhoog na ‘n motorbomontploffing Sondag buite die Liverpool-vrouehospitaal. Een persoon is dood en nog een is ernstig beseer toe die taxi waarin hulle was in vlamme uitgebars het. Die voorval is as ‘n terrorisme-aanval geklassifiseer en vier mense is in hegtenis geneem. Die land se terreurbedreigingsvlak was sedert Februarie ‘aansienlik’. Die minister van Binnelandse Sake Priti Patel, sê dit is die tweede voorval binne ‘n maand en die polisie en ander veiligheidsdienste is besig met ‘n omvattende ondersoek.

# Rugby: Die kaptein van Engeland, Owen Farrell en haker Jamie George, is weens beserings uit Saterdag se kragmeting teen die Springbokke op Twickenham. Farrell het ‘n enkelbeseringopgedoen tydens die 32-15-oorwinning teen Australië terwyl George probleme met sy knie in die wedstryd ondervind het. Die afrigter Eddie Jones het Jack Singleton en sy Gloucester-spanmaat asook nuweling Harry Elrington nader geroep as plaasvervangers. Joe Marler sluit hom Vrydag by die span aan ná hy sy self-afsonderingstydperk van tien dae voltooi het, weens ‘n positiewe toets vir Covid-19.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-18-sent teen die dollar, 17-rand-29-sent teen die euro en 20-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-807-dollar-3-sent. Die prys van goud is een-duisend-866-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-72-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away