Follow Us
President van COP26 sê hulle moes bewoording oor steenkool aanpas om ooreenkoms in Glasgow te bereik [KLANK]
Mon 15th Nov 2021
Sokker: Teleurstelling vir Bafana Bafana wat nie vir Wêreldbekertoernooi kon kwalifiseer nie
Mon 15th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 15 November 7 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Die ANC verwelkom die regering se onttrekking van sy steun aan Mejuffrou Suid-Afrika se deelname aan die Mejuffrou Heelal-kompetisie
# Ontevrede ActionSA-lede sê hulle is gebruik
# En, drie mense is in hegtenis geneem in verband met terreur nadat ‘n taxi in Liverpool ontplof

# Die ANC het die regering se besluit verwelkom om sy steun vir Mejuffrou Suid-Afrika se deelname aan die Mejuffrou Heelal-kompetisie volgende maand in Israel te onttrek. Dit volg ná negatiewe reaksie op die geleentheid wat in Israel aangebied word. Die ANC sê die rassisme, menseregteskendings, onwettige nedersettings, voortdurende onwettige besetting en die apartheidswette van Israel is goed gedokumenteer en behoort genoeg rede te wees vir die Mejuffrou Suid-Afrika-organiseerders om aan die kompetisie te onttrek. Die party sê dit is die organiseerders se verantwoordelikheid om die Mejuffrou Heelal-kompetisie te boikot.

# Ontevrede lede van ActionSA sê hulle is gebruik deur die president Herman Mashaba en deur ActionSA as ‘n party. Hulle het die People’s Dialogue begin en met die organisasie saambeweeg totdat dit in die ActionSA-party ontwikkel het. Hulle het dit nie gedoen omdat hulle magshonger is nie, maar gretig vir verandering in hulle gemeenskappe en in die land. Die groep se verteenwoordiger, Xolani Manzingana, sê die gegriefde lede wil hê die proposionele verteenwoordigerslys moet hersien word.

# ‘n Polisiebeampte van Mpumalanga gaan vandag in die Sterkspruit-landdroshof op ‘n klag van moord verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy ‘n man by ‘n kroeg geskiet het en sy liggaam daarna op ‘n speelveld langs die polisiekantoor gelos het. ‘n Woordvoerder van die Onafhanklike Polisie se Ondersoekdirektoraat, Grace Langa, sê ‘n kaptein van die Sterkspruit-kantoor wat die liggaam ontdek het, het die voorval by Opod aangemeld. Die polisiebeampte het die slagoffer met sy dienspistool geskiet, wat later by sy ma se huis onder ‘n kussing gevind is.

# Britse teenterreur-beamptes het drie mense in hegtenis geneem ná ‘n voertuigontploffing buite die Vrouehospitaal in Liverpool in die noorde van Engeland. ‘n Passasier in die voertuig is dood en die bestuurder is beseer. Hy is in ‘n bestendige toestand in die hospitaal. Die BBC berig dat ‘n taxi met een passasier buite die hospitaal stilgehou en ontplof het. Die ontploffing het plaasgevind naby die plek waar ‘n gedenkbyeenkoms met twee minute stilte vir Wapenstilstanddag gehou sou word. Die burgemeester van Liverpool, Joanne Anderson, het die voorval as ontstellend en verontrustend beskryf.

# Tennis: Die wêreld se nommer twee speler, Daniil Medvedev, het sy eerste wedstryd in die ATP-eindstryd in Turyn, Italië, gewen. Hy hoop om sy titel suksesvol te verdedig. Medvedev het gister 32 wenhoue geslaan en agt ongedwonge foute gemaak in die wedstryd waarin hy Hubert Hurkacz met 6-7, 6-3, 6-4 geklop het. Hy sê die baan is baie vinnig en moeilik om op te speel, maar hy is gelukkig met hoe sy eerste wedstryd verloop het.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-30-sent teen die dollar, 17-rand-54-sent teen die euro en 20-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-713-dollar-6-sent. Die prys van goud is een duisend-857-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-42-sent per vat.

# En om mee af te sluit, ‘n kelner by ‘n restaurant in Mosselbaai in die Suid-Kaap kon sy oë nie glo toe hy verlede week ‘n footjie van 94-duisend-486-rand ontvang het nie. ‘n Amerikaanse akteur en filmmaker, Marcia Kimpton, het die groot bedrag gelos na sy en ‘n groep van 15 mense by Delfino’s Restaurant geëet het. Die kelner, Zathan McCarthy, het aan die Mosselbay Advertiser gesê hy gaan die fooitjie met sy kollegas deel. Kimpton is in Suid-Afrka om tonele vir ‘n nuwe TV-mini-reeks, An American Abroad te skiet.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away