Nuus 07:00
BULLETIN 25 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hoë vraag na elektrisiteit is ‘n bydraende faktor tot fase 6-beurtkrag
# Oscar Pistorius se parool-besluit maak wêreldwyd opslae
# En, rugby: Die Stormers is steeds sonder ‘n sege na vier VRK-toerwedstryde
# Eskom se hoof van Opwekking, Bheki Nxumalo, sê die groot vraag na elektrisiteit het bygedra tot die verhoogde beurtkrag na fase 6 tot Maandagoggend vyfuur. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die toestand van die nasionale kragnetwerk. Nxumalo herhaal wat die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, gesê het – die verhoogde beurtkrag kan ook toegeskryf word aan sommige opwekkings-eenhede wat tans buite werking is en die noodsaaklikheid om belangrike hulpbronne aan te vul:
# Die nuus oor Oscar Pistorius wat vroeg in Januarie op parool vrygelaat gaan word, het wêreldwyd opslae gemaak. ‘n Paroolraad het sy aansoek gister toegestaan, nadat hy meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria in 2013. Publikasies soos die BBC, The Guardian, Sky News, Fox News, Al Jazeera en ABC News het almal verslag gedoen, waarin vertel word hoe die held van 2012 se Paralimpiese en Olimpiese Spele in Londen slegs ‘n paar maande later tot ‘n val gekom het.
# 2023 is die warmste jaar op rekord en miljoene mense wêreldwyd is aan gevaarlike vlakke van uiterste hitte blootgestel. Volgens die African Climate and Development Initiative het Suid-Afrika laas in die middel-1800’s sulke hitte beleef. Kweekhuisvrystellings word die skuld gegee vir aardverwarming op ongekende vlakke. Christopher Trisos van die instelling het aan eNCA gesê dit sal na verwagting erger word:
# Nege-en-dertig Palestyne en 13 Israeli’s is tuis verwelkom na hulle onderskeidelik uit Israeliese tronke en gevangenisskap in Gaza vrygelaat is. Tien burgers van Thailand en een Fillipyn is ook gister uit Gaza vrygelaat en is nou in Israel. Die Israeliese groep sluit jong kinders en bejaarde vroue in. Die kantoor van die Israeliese eerste minister het op die eerste dag van die gespanne tydelike skietstaking in die Israeliese-Gaza-konflik gesê hulle het die lys van die aangehoudendes ontvang wat vandag vrygelaat sal word. Die vrygelate Palestyne is die eerste van 150, hoofsaaklik ma’s en tienerseuns, wat Dinsdag vrygelaat gaan word.
# Rugby: ‘n Omstrede drie wat gisteraand aan die plaasvervanger stut, Rhys Litterick van Cardiff, in die 83ste minuut van hulle Verenigde Kampioenskapswedstryd teen die Stormers in die Walliese hoofstad toegeken is, het aan hulle ‘n oorwinning van 31-24 teen die Kaapstadse span besorg. Die Stormers keer nou terug nadat hulle al vier hulle wegwedstryde verloor het. Vanmiddag om drie is die Leeus die gashere vir Zebre van Italië in Johannesburg en die Bulle en Connacht pak mekaar om vyfuur op Loftus. Dit is vanaand om sewe die Haaie se beurt wanneer hulle met die Dragons van Wallis in Durban kragte meet.