Nuus 07:00
BULLETIN 25 Maart 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa is vol vertroue dat die regering misdaad sal bekamp
# Nagenoeg 300 ontvoerde skoolkinders is in Nigerië gered
# En rugby: Die verdedigende kampioen, Engeland skop goed af in die Vroue Sesnasies
# Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê hy is vol vertroue die regering sal misdaad onder beheer bring. Hy het Gqeberha in die Oos-Kaap gister besoek, as deel van die regerende party se verkiesingsveldtog. Moorde het in die derde kwartaal van die 2023/2024-boekjaar het met 2,1-persent toegeneem. Dit is ‘n styging van 155 moorde in vergeleke met die derde kwartaal van die vorige jaar. Ramaphosa sê alles word in die stryd gewerp om misdaad te bekamp:
# Die African Transformation Movement het onder meer ekonomiese hervorming, werkskepping en gehalte- openbare gesondheidsorg belowe as hy verkies sou word. Die party het gister sy verkiesingsmanifes in Soweto, suid van Johannesburg, bekend gestel. Dit is in aanloop tot die algemene verkiesing op 29 Mei. ATM se leier, Vuyolwethu Zungula, sê sy party moet ‘n bevoegde staat bou waar die regering nie misluk nie:
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se interdik-aansoek teen haar inhegtenisneming, sal vandag in die Pretoriase Hooggeregshof aangehoor word. Sy word daarvan beskuldig dat sy omkoopgeld ter waarde van miljoene van ‘n militêre kontrakteur aanvaar het terwyl sy minister van Verdediging en Militêre Veterane was. In haar aansoek eis Mapisa-Nqakula die volle blootlegging van die saak teen haar, insluitend die aanklagte, notas van die ondersoekers en die volledige ondersoeklêer. Die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat sal die aansoek op meriete teenstaan.
# Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, besoek die Zoeloe-koning Misuzulu kaZwelithini vandag om verskoning te vra nadat hy die mikrofoon by die tradisionele Zoeloe-eerste minister Thulasizwe Buthelezi gegryp het tydens die 110de herdenking van die dood van koning Dinuzulu kaCetshwayo. Dit het veroorsaak dat 16 ANC-lede beseer is in ‘n onderonsie met lede van die IVP. Koning Misuzulu het Duma se gedrag gestriem as onvanpas en teen die waardes van die Zoeloe-volk. Hy het die provinsiale regering herinner om die eerste minister se posisie te respekteer.
# Die Nigeriese weermag het byna 300 skoolkinders wat vroeër die maand in die land ontvoer is, gered. Hulle is ongedeerd. Gewapende bendelede op motorfietse het hulle op die sewende van die maand ontvoer nadat hulle die LEA Primary en Secondary School in die Kuriga-dorpie aangeval het. Amptenare sê die reddingsoperasie is gister in die vroeë oggendure uitgevoer, dae voordat die losprys betaal moes word. Bendes ontvoerders het die afgelope jare duisende mense, veral in die noordweste van Nigerië ontvoer.
# Rugby: Die verdedigende kampioene van Engeland het Italië met 48-nul verpletter in die eerste ronde van die 23ste Vroue-Sesnasies in Parma. Die Rooi Rose was vroeg in die eerste helfte onder druk toe Sarah Beckett se geel kaart vir ʼn gevaarlike losskrum-beweging tot ʼn rooi kaart opgradeer is ná ʼn bunker-hersiening. Engeland het agt drieë gedruk vir ʼn bonuspunt-oorwinning in hulle strewe na ʼn derde agtereenvolgende Grand Slam en ʼn sesde agtereenvolgende titel. Marlie Packer van Engeland sê hulle het goed gespeel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-92-sent teen die dollar, 20-rand-48-sent teen die euro en 23-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-642-dollar-88-sent. Die prys van goud is twee-duisend-177-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….