Follow Us
Cricket: Bangladesh claims historic victory in first Test against New Zealand
Wed 5th Jan 2022
New daily record of over one-million new Covid cases in US
Wed 5th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 5 Januarie 6 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Deel een van die staatskapingsverslag bevat inligting oor die SAA, SARS en New Age Media
# Die gewese SARS-kommissaris Tom Moyane word betrek in die staatskapingsverslag
# En, die kriekettoets tussen die Proteas en Indië op die Wanderers is redelik gebalanseerd na Dag Twee

# Die staatskapingskommissie het die eerste deel van sy verslag vrygestel. Waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, het die dokument gister tydens ‘n seremonie by die Uniegebou in Pretoria aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Deel een bestaan uit drie volumes. Zondo sê Volume 1 handel oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens en verwante maatskappye. Volume 2 kyk na die advertensie-kontrakte wat met die Gupta-maatskappy, New Age, gesluit is. Volume 3 gaan oor SARS en die kwessie van openbare verkryging in Suid-Afrika.

In die verslag word die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Tom Moyane, en die Amerikaanse bestuurskonsultant Bain and Company van medepligtigheid aan staatskaping beskuldig. Die kommissie het bevind Moyane het SARS se senior amptenare geneutraliseer en beveel aan hy word aangekla van meineed omdat hy na bewering vir die Parlement gelieg het. Die kommissie beveel ‘n ondersoek aan na Bain en die kontrakte wat dit van die regering gekry het.

# Die Parlement se voorsittende beamptes en ‘n afvaardiging van die vakbond Nehawu sê hulle het ontmoet om die lug te suiwer ná ongemaklike openbare spanning sedert die uitbreek van die brand. Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê daar is ooreengekom om ‘n ruimte te skep vir verdere gesprekvoering om die openbare twis te beëindig. Sy sê daar is ‘n verpligting op alle sleutelbelanghebbendes in die Parlement om die brand doeltreffend te hanteer, gebeurlikheidsmaatreëls in plek te stel en die sake-kontinuïteitsplan te implementeer om te verseker dat die Parlement sy verpligtinge ingevolge die Grondwet nakom.

# Polokwane-hotelle is glo vol bespreek in aanloop tot die ANC se herdenking van sy 110-de bestaansjaar. Die hoof-vieringe sal eerskomende Saterdag by die ou Peter Mokaba-stadion plaasvind, met die ANC-president, Cyril Ramaphosa, wat Vrydag by die Lebowakgomo Burgersentrum verwag word. Teen die agtergrond van propvol hotelle doen die ANC-streekvoorsitter, John Mpe, ‘n beroep op huiseienaars in en om Polokwane, om die geleentheid te gebruik om verblyf te verskaf aan gaste wat die ANC-vieringe wil bywoon. Hy sê die feesvieringe hou groot ekonomiese voordele vir die gemeenskap in.

# OPUL en sy bondgenote het hul beleid gehandhaaf om olieproduksie volgende maand net effens te verhoog, omdat die Omicron-variant tot dusver nie die vraag ernstig geraak het nie. Ná ’n aanlyn-vergadering gister, sê die groep hulle het ingestem om die uitset in Februarie met 400-duisend vate per dag te verhoog, na dieselfde vlak as in vorige maande. AFP berig die groepering, insluitend die top-produsente Saoedi-Arabië en Rusland, het Amerikaanse druk weerstaan vir ‘n groter produksie en lewering in reaksie op hoë energiepryse wat wêreldwyd inflasie laat styg het.

# Krieket: Indië hervat vanoggend sy tweede beurt op 85 vir twee, op die derde dag van die tweede toets teen Suid-Afrika op die Wanderers in Johannesburg. Dit is ‘n voorsprong van 58 lopies nadat die Proteas gistermiddag in hul eerste beurt vir 229 uitgehaal is. Shardul Thakur het sewe paaltjies geneem. Keegan Petersen het 62 lopies vir die Proteas bygedra en Temba Bavuma 51. In die laatmiddagsessie het Marco Jansen van die Indiese kaptein, KL Rahul, ontslae geraak, terwyl Duanne Olivier Mayank Agarwal skoongeboul het.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-2-sent teen die dollar, 18-rand-10-sent teen die euro en 21-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-257-dollar-8-sent. Die prys van goud is een duisend-814-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-79-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Available