Follow Us
SABC CEO accuses fired head of news Phathiswa Magopeni for deliberately distorting facts
Thu 3rd Feb 2022
News Headlines 05:30
Thu 3rd Feb 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 3 Februarie 6 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# ‘n Geskorste raadslid van die Kernreguleerder dagvaar minister Gwede Mantashe
# Ace Magashule gaan die Appèlhof se beslissing oor sy skorsing betwis
# En krieket, die Protea Vrouespan pak die Windies in die derde eendagwedstryd op die Wanderers

# Die Hooggeregshof in Kaapstad sal Dinsdag die aansoek aanhoor van die geskorste raadslid van die Nasionale Kernreguleerder teen die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe. Peter Becker beweer die minister was nie wetlik gemagtig om hom te skors nie. Hy sê in sy hofstukke besluite wat in sy afwesigheid geneem is, is ‘n oortreding van die Wet op Nasionale Kernregulering. Daar is vroeër gesê die raad het die plasing van stoom-opwekkers by die Koebergkragstasie goedgekeur op dieselfde dag wat Becker geskors is.

# Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, sê hy gaan die Appèlhof se beslissing wat sy skorsing bekragtig, betwis. Hy is sedert Mei verlede jaar geskors weens hangende strafregtelike prosedures teen hom. Magashule word aangekla van bedrog en korrupsie wat verband hou met ‘n tender ter waarde van 255-miljoen-rand vir ‘n oudit van asbesdakke in die Vrystaat terwyl hy premier was. Die hof het beslis daar is geen redelike vooruitsig op sukses in ‘n appèl nie en daarom is daar geen ander dwingende rede waarom ‘n appèl aangehoor moet word nie.

# Die minister van Polisie, Bheki Cele, het politieke partye gevra om politieke spanning in KwaZulu-Natal te ontlont. Vier wyke in die provinsie gaan na verwagting tussenverkiesings hou nadat drie vakant geraak het toe raadslid-kandidate vermoor is. Cele sê die taakspan se ondersoeke het onthul dat die ANC, die IVP en die NFP veral geraak word. Hy sê sedert 2018 is meer as 280 mense in hegtenis geneem in verband met politieke geweld en 63-persent is skuldig bevind.

# Die Departement van Openbare Ondernemings sê Denel se grootste uitdaging is om fondse te kry vir sy herstrukturering, om weer met bedrywighede te begin, en korttermyn-verpligtinge soos salarisse na te kom. Die staatsbeheerde wapenvervaardiger se effekte by die JSE is opgeskort omdat hy nie ‘n jaarverslag vrygestel het nie en dit reeds drie maande agterstallig is. Die department sê Denel kon nie sy jaarlikse finansiële state indien nie weens onsekerheid oor sy status as lopende saak omdat pogings om die onderneming te herkapitaliseer onsuksesvol is.

# Die Amerikaanse president Joe Biden gaan meer troepe na Duitsland, Pole en Roemenië ontplooi. Dit is te midde van groeiende kommer oor Rusland wat moontlik die Oekraïne kan binneval. Rusland het vemoedelik meer as 125-duisend troepe binne trefafstand van die Oekraïnse grens verskuif. Die BBC berig sowat tweeduisend troepe gaan vanaf Fort Bragg in Noord-Carolina, na Pole en Duitsland gestuur word. ‘n Verdere eenduisend wat reeds in Duitsland is, sal na Roemenië oorgeplaas word. Verlede week is agt-duisend-500 troepe in die VSA op verhoogde gereedheid geplaas om op kort kennisgewing te ontplooi.

# Krieket: Die Protea-vroue pak vandag die Wes-Indiese Eilande aan in die voorlaaste wedstryd van die eendagreeks van vier kragmetings op die Wanderers in Johannesburg. Die eerste wedstryd het uitgereën en in die tweede wedstryd Maandag het die besoekers die gasheer geklop met ‘n superboulbeurt. Ayabonga Khaka het byna alleen daarin geslaag om die Windies te tem deur vyf paaltjies te neem, maar was net een lopie kort om die oorwinning vir Suid-Afrika te verseker. Sy staan tans op 92 internasionale paaltjies.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-37-sent teen die dollar, 17-rand-38-sent teen die euro en 20-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 36-duisend-995-dollar-6-sent. Die prys van goud is een duisend-806-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 88-dollar-92-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away