Follow Us
News Headlines 05:30
Wed 24th Nov 2021
Sokker: Manchester United en Chelsea deur na laaste 16 van Kampioenskapsliga
Wed 24th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 24 November 6 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# President Cyril Ramaphosa sê die uitslag van die verkiesing is ‘n aanduiding van hoe demokrasie werk
# Die nuutverkose Tshwane-burgemeester sê politieke partye behoort hulle verskille opsy te skuif
# En, inwoners van La Palma word gewaarsku om binnenshuis te bly na ‘n vulkaan opnuut uitbars

# President Cyril Ramaphosa sê die demokrasie in die land het sy loop geneem met verkose burgemeesters, speakers en raadslede wat nou hulle plekke ingeneem het. Hy erken die uitslag is teleurstellend vir die ANC, maar meen die regerende party moet die duidelike boodskap van die mense van Suid-Afrika aanvaar. Ramaphosa het in Pretoria met die media gepraat tydens die staatsbesoek van president Uhuru Kenyatta van Kenia. Hy sê die ANC het na die mense geluister en gaan selfondersoek instel om oplossings te vind.

Die nuutverkose burgemeester van die Stad Tshwane, Randall Williams, sê intussen politieke partye behoort hul verskille opsy te skuif om bevredigende diens aan inwoners te lewer. Hy is gister onbestrede verkies nadat die ANC nie ‘n kandidaat voorgestel het nie. Williams sê om Tshwane optimaal te laat funksioneer, moet ‘n omgewing in die raad geskep word wat bevorderlik is vir verhoogde werksaamheid en doeltreffende administrasie.

# Die Gautengse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het bekend gemaak daar is hangende strafregtelike aanklagte teen 456 polisielede in die provinsie. Slegs vier is geskors. Mazibuko het in antwoord op die DA-lid, Michael Shackleton, se vraag gesê die lede staan tereg op aanklagte van onder meer moord, strafbare manslag, aanranding, regsverydeling en roekelose bestuur. Sy het bevestig daar is 35 lede wat ondersoek word by die Tsakane-polisiestasie en 28 by die Krugersdorp-polisiestasie – almal is aangekla van roekelose en nalatige bestuur. Die Benoni- en Hekpoort-polisiestasies volg met 15 lede wat strafregtelike aanklagte in die gesig staar.

# Drankhandelaars het die regering gevra om met omsigtigheid te reageer op die vierde vlaag van die koronavirus. Die sektor se sakebedrywighede kan weer ontwrig word. Die Nasionale Drankhandelaarsraad sê die komende vlaag kan beter hanteer word as die vorige drie, sonder om mense se lewensbestaan in gedrang te bring. Die sektor vrees nog ‘n verbod op drankverkope. Lucky Ntimane van die raad glo nie die ekonomie kan nog beperkings op drankverkope bekostig nie.

# Inwoners van die Spaanse eiland La Palma is gewaarsku om binnenshuis te bly nadat lawa uit die Cumbre Vieja-berg begin uitbars het en in die Atlantiese Oseaan beland het. Die vulkaan het sowat twee maande gelede begin uitbars en daar is reeds meer as twee-duisend geboue vernietig en bykans sewe-duisend mense moes hul huise ontruim. Sky News berig daar is hommeltuigmateriaal van die jongste uitbarstings waarop dik wolke van potensieel giftige gas gesien kan word wat uit die water blaas.

# Rugby: Die Lions-unie het bevestig die Springbok-stut Jannie du Plessis het weer begin oefen, maar die uitvoerende hoof, Rudolf Straeuli sê hulle verwag nie dat hy gou ‘n wedstryd sal speel nie. Dit volg nadat sy babaseuntjie verlede week verdrink het. Straeuli sê dit was ‘n emosionele week vir die spelers en hulle gesinne, sowel as die hele Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap. Hy verwag Du Plessis sal Sondag op Ellispark in Johannesburg op die pawiljoen wees wanneer die Lions teen Cardiff te staan kom in die Verenigde Rugbykampioenskap.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-86-sent teen die dollar, 17-rand-84-sent teen die euro en 21-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-607-dollar-1-sent. Die prys van goud is een-duisend-794-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-51-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away