Follow Us
Saftu herhaal sy oproep vir die afdanking van Eskom se uitvoerende hoof [KLANK]
Thu 18th Nov 2021
Nuus-hooftrekke 05:30
Thu 18th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 18 November 6 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Die Minister van Openbare Ondernemings sê die geld wat tydens die COP26-beraad aangebied is, sal nie vir Eskom gebruik word nie
# ‘n Maatskappy-eienaar word beskuldig dat hy die Werkloosheid-versekeringsfonds met meer as 100-miljoen-rand bedrieg het
# En, Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus is vir twee maande uit alle aktiwiteite geskors

# Die 130-miljard-rand se finansiering wat ontwikkelde lande tydens die COP26-klimaatberaad aan Suid-Afrika gebied het was ‘n aanbod, en nie ‘n ooreenkoms nie. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het aan LP’s gesê die geld sal nie vir Eskom se skuld van 450-miljard-rand gebruik word nie. Hy sê die aanbod moet deeglik oorweeg word en onderhandelings moet nog plaasvind. Gordhan het dit ook duidelik gemaak die geld sal nie aangewend word om die kragvoorsiener te herbou nie.

# ‘n Maatskappy-eienaar word daarvan beskuldig dat hy meer as ‘n duisend ID-nommers gebruik het om die Werkloosheidsversekeringsfonds se tydelike hulpverleningskema met meer as 100-miljoen-rand te bedrieg. Die maatskappy-eienaar het na bewering meer as ses-duisend eise ingedien vir werknemers wat nie bestaan nie. Die Spesiale Ondersoekeenheid het aan die Parlement se finansiële waghond Skoor gesê, die werknemers is met behulp van die Departement van Staatsdiens en Administrasie, in 24 staatsdepartemente geïdentifiseer. Die hoof forensiese ondersoeker, Johnny le Roux, sê hulle kon bepaal die maatskappy het geen ander geregistreerde werknemers behalwe die eienaar self nie.

# Eskom is bekommerd oor ‘n toename in onwettige elektrisiteitsverbindings in verskeie gemeenskappe regoor die land. In die jongste voorval is ‘n 11-jarige seun in die Tjovitjo informele nedersetting, in Orange Farm in Gauteng dood, nadat hy aan ‘n onwettige elektrisiteitsverbinding geraak het. Eskom se provinsiale woordvoerder, Amanda Qithi, sê ‘n groep seuns het na bewering in ‘n poel water langs die spoorlyn geswem toe een van hulle met oop drade op die grond kontak gemaak het. Sy sê dis kommerwekkend dat kinders dikwels die slagoffers raak van die onwettige diefstal van elektrisiteit.

# Rand Water het gisteraand sy 54-uur pyplyn-instandhoudingsprojek in Gauteng suksesvol voltooi. Dele van Gauteng waaronder Johannesburg, Soweto en Randburg, is deur verminderde watertoevoer geraak. Die B19- en B11-pype, wat instandhouding ondergaan het, neem water na suiweringsaanlegte in Vereeniging en lewer ‘n derde van Rand Water se watertoevoer. Uitvoerende hoof Sipho Mosai sê die instandhouding aan die pypleidings was noodsaaklik en onvermydelik. Hy sê danksy die werk kan daar nou meer water gelewer word.

# ’n Opname onder sake-ondernemings het getoon geweld in Wes-Kaapse gemeenskappe beïnvloed die lewensvatbaarheid van sakebedrywighede in die provinsie. Die jaarlikse opname oor die uitwerking van geweld op sake-ondernemings, in opdrag van BNP Paribas South Africa en RCS, het bevind 78-persent van die respondente was afwesig en 80-persent ken iemand wat laat was vir werk as gevolg van geweld. Tagtig-persent het aangedui hulle voel onveilig in hul gemeenskappe. RCS-woordvoerder Sandi Richardson sê daar is in die opname het gekyk na die uitwerking van geweld weens werkloosheid.

# Rugby: Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, is vir twee maande uit alle rugby-aktiwiteite geskors, nadat hy skuldig bevind is op al ses aanklagte wat teen hom gelê is. ’n Onafhanklike komitee het hom skuldig bevind aan wangedrag teenoor wedstrydbeamptes tydens die reeks tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus. Erasmus is ook verbied om tot 30 September volgende jaar betrokke te wees op wedstryddae  en moet die amptenare per brief om verskoning vra. SA Rugby is beveel om ‘n boete van 20-duisend-pond te betaal.
Erasmus en SA Rugby het bevestig hulle gaan teen die besluit appelleer.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-46-sent teen die dollar, 17-rand-53-sent teen die euro en 20-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-474-dollar-7-sent. Die prys van goud is een duisend-869-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-95-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away