Follow Us
Nuus-hooftrekke 05:30 (DGO) 16 November
Tue 16th Nov 2021
Nuus-hooftrekke 05:30
Tue 16th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 16 November 6 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# President Cyril Ramaphosa moedig Afrika aan om die “Made in Africa”-handelsmerk ten volle te ondersteun
# Enoch Godongwana gaan skynbaar uit die ANC-subkomitee oor ekonomiese transformasie tree
# En, Wene word eerste stad wat 5- tot elf-jariges sonder toestemming inent

# President Cyril Ramaphosa sê kolonialisme het steeds ‘n groot invloed op die vasteland, maar Afrika neem besliste stappe om sy eie ekonomiese verhaal te skryf. Hy het by die Intra-Afrika-handelskou in die Inkosi Albert Luthuli internasionale konferensiesentrum in Durban gepraat. Hy sê nuwe geleenthede soos die vinnige aanvaarding van plaaslik ontwikkelde finansiële tegnologie, toon finansiële en tegniese vernuwing in Afrika. Hy sê vervaardigers en verskaffers kan produkte bevorder wat in Afrika vervaardig is en mense sien uit na ‘n etiket wat sê “Made in Africa”. Die president sê Afrika-innovasie het ook gewys dit kan die wêreld deur tegniese vernuwing bereik.

# Die minister van Finansies Enoch Godongwana, gaan blykbaar sy pos as hoof van Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC se subkomitee oor ekonomiese transformasie verlaat. Die minister wil jonger lede vir die komitee voorberei terwyl hy op die bestuur van die Nasionale Tesourie wil konsentreer. Godongwana sê selfs voor hy by die regering aangesluit het,  was dit nog altyd sy standpunt dat jonger mense aktiewe leiersrolle in die ANC moet beklee. Die minister het volgens berigte sy voorneme met die party se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, bespreek.

# Die uitvoerende skoolhoof van St John’s College in Johannesburg, Stuart West, het belowe om alles te doen om skole te help om van seksoortreders ontslae te raak. Dit volg nadat ‘n ondersoek deur die skool aan die lig gebring het dat ‘n oud-onderwyser, wat in 2014 bedank het, glo oud-leerlinge seksueel aangerand het. Die skool het verlede maand van die bewerings bewus geword en dadelik ondersoek ingestel. West sê die saak is by die polisie, die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders en die Anglikaanse Veilige Kerk-eenheid aangemeld.

# Die Oostenrykse hoofstad, Wene, is die eerste stad in die Europese Unie wat bereid is om kinders van vyf- tot 11-jaar in te ent, al het die Europese Medisyne-agentskap nie toestemming gegee dat enige van die entstowwe vir hierdie ouderdomsgroep gebruik mag word nie. Volgens berigte het EU-lidlande die reg om die inentings tydens ‘n openbare gesondheidskrisis toe te dien. Meer as vyfduisend kinders in hierdie ouderdomsgroep het vir die inenting geregistreer.

# Rugby: SA Rugby het die Springbok-vleuel, Lukhanyo Am, gelukgewens nadat hy benoem is vir die Wêreld-drie van die Jaar-toekenning. Hy het die vyfpunter teen die Britse en Ierse Leeus aangeteken voor die toetsreeks teen die Springbokke afgeskop het. Die gasheerspan was vol nasionale spelers nadat die reeks teen Georgië verkort is. Saru se president, Mark Alexander, sê dis ‘n groot mylpaal vir Am, wat meeding met die Franse senters Pierre-Louis Barassi en Damian Penaud, en die All Blacks se losvoorspeler, Luke Jacobson.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-21-sent teen die dollar, 17-rand-32-sent teen die euro en 20-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-170-dollar-1-sent. Die prys van goud is een duisend-866-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-70-sent per vat.

# En ten slotte: Life Wilgers Hospitaal is aangewys as die beste hospitaal in Pretoria. Die fasiliteit is benoem in vanjaar se gesondheidsdiens-kategorie by die Beste van Pretoria-toekennings. Dit is die tweede agtereenvolgende keer dat die hospitaal met die louere wegstap. Life Wilgers is een van die grootse hospitale van die Life-gesondheidsorggroep en het 360 beddens. Dit is ‘n moderne en hoogs ontwikkelde fasiliteit wat onder andere ‘n 24-uur-noodeenheid met drie waakeenhede insluit.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away