Skip to content

Numsa veroordeel Eskom se steenkoolkoste te midde van tariefverhogingsvoorstelle

# Die metaalwerkersvakbond Numsa is besorg oor Eskom se stygende steenkoolkoste wat vanaf 2014 tot verlede jaar met 25-miljard-rand toegeneem het. Die vakbond verwerp ‘n verhoging van 35-miljard-rand in Eskom se energiekoste en beskryf die verhoging van 30-persent in steenkoolkoste as ongeregverdig. Eskom se afhanklikheid van duur steenkoolkontrakte, insluitend ‘n prysverhoging van 104-persent vir Seriti Resources, was ‘n sleutelkwessie tydens die tariefverhoor. Numsa voer aan die wanbestuur by Eskom asook stygende munisipale skuld bewys elektrisiteit is reeds onbekostigbaar vir Suid-Afrikaners.