Skip to content

Numsa betoog teen beweerde bedekte seksuele teistering by Sylvania Metals [KLANK]

# Die metaalwerkersvakbond Numsa gaan vandag betoog by Sylvania Metals in Roodepoort, Gauteng, want hulle beweer die mynonderneming beskerm ‘n bestuurder wat beskuldig word van seksuele teistering. Die vakbond eis die bestuurder se onmiddellike skorsing en ‘n onpartydige ondersoek deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. Hulle kritiseer die onderneming se gebruik van ‘n beweerde bevooroordeelde diensverskaffer. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, beweer daar heers ‘n klimaat van vrees by Sylvania Metals, met verwysing na onregverdige afdankings en die weiering van verteenwoordigingsregte: