# Die Nasionale Mynwerkersvakbond het met groot kommer kennis geneem van die hernieude veiligheidsbedreiging by die Modderfontein Oos-goudmyn in Springs, Ekurhuleni. Die NUM het bevestig hy het Woensdag ‘n wenk ontvang van ‘n beplande gyselaarsituasie by die myn toe die nagskofwerkers ondergronds sou gaan. Sy amptenare en ampsdraers het onmiddellik die myn besoek. Mlulameli Mweli van die NUM sê hulle is erg onthuts dat veiligheidsbedreigings steeds by die myn opduik.
NUM erg bekommerd oor veiligheidsituasie by Modderfontein-Oos-goudmyn