# Die Nasionale Unie van Mynwerkers sê hy het besluit om die geslotegeledere-ooreenkoms by Gold One Modder East Mine in Springs, Gauteng, te beëindig. Werk het verlede tot stilstand gekom nadat die myn uitgevind het werkers beplan nog ʼn ondergrondse sitstaking soos wat drie weke gelede plaasgevind het. Werkers weier dat NUM, wat die meeste lede het, hulle verteenwoordig en verkies die Vereniging van Mynwerkers en Konstruksie-unie, AMCU. NUM sê hy het die verantwoordelike besluit geneem om werksgeleenthede en lewens van onskuldige werkers te beskerm.
NUM beëindig geslotegeledere-ooreenkoms by Gold One Mine