# Die Nasionale Seereddingsinstituut waarsku oor ‘n naderende hittegolf in die Wes- en Noord-Kaap. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel temperature van tussen 30 en 40-grade Celsius tot môreaand. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, raai mense aan om versigtig te wees tydens bedrywighede aan die kus en vra baaiers, bootvaarders en waterliefhebbers om veiligheid voorop te stel. Springgety met nuwe maan dra by tot die toestande. Lambinon waarsku oor onstuimige water en bepleit verantwoordelike volwasse toesig vir kinders naby water:
NSRI waarsku oor hittegolf in die Wes- en Noord-Kaap [KLANK]