Skip to content

NSFAS-aansoeke open volgende week

Die Nasionale Studente-finansierings-hulpskema het aangekondig aansoeke vir finansiering vir 2024 open die 21ste van die maand en sluit einde Januarie. NSFAS se raad beklemtoon hoe belangrik dit is dat studente akkurate inligting voorsien wanneer hulle aansoek doen. Die raad het nuwe maatreëls ingestel, insluitend die mobiele toepassing vir iPhone- en Android-toestelle. Die toepassing sal biometriese vermoë insluit. Dit sal studente help om hulle aansoek- en befondsing-status deur WhatsApp na te gaan.