# Die polisiekommissaris van Noordwes, Sello Kwena, het die arrestasie van vyf verdagtes in verband met ‘n aanval op beamptes in Freedom-park naby Phokeng buite Rustenburg verwelkom. Twee speurders van die kantoor was besig met ‘n ondersoek in Freedom-park toe hulle op ‘n 51-jarige verdagte afgekom het wat vir aanranding gesoek is. ‘n Polisewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die beamptes is aangeval toe hulle probeer het om die verdagte na die polisiekantoor te neem:
Noordwes se kommissaris verwelkom arrestasie van vyf verdagtes wat polisielede aanval [KLANK]
ENG-SabataonPoliceofficers