Skip to content

Noord-Koreaanse soldate sterf in gevegte met Oekraïense magte

# Owerhede in Amerika en Oekraïne berig Noord-Koreaanse soldate het gesterf in gevegte teen Oekraïense magte, die eerste aangetekende sterfgevalle sedert Noord-Korea troepe ontplooi het om Rusland te ondersteun. Oekraïne se militêre intelligensie-agentskap sê sowat 30 Noord-Koreaanse soldate het in die Koersk-grensgebied in Rusland gesterf of is gewond tydens ‘n geveg die afgelope naweek. Noord-Korea het tot dusver tien-duisend troepe na Rusland gestuur om hom by te staan in die oorlog van bykans drie jaar.