# Die polisie in die Noord-Kaap het beslag gelê op buitelandse, ongeregistreerde voertuie van meer as driemiljoen-rand. Meer as 70 sogenaamde grysmark-voertuie is tussen September en dié maand in die ZF Mgcawu-, John Taolo Gaetsewe- en Francis Baard-distrik geskut. Volgens inligting wat ingesamel is, voer eienaars van grysmark-voertuie dit sonder die nodige dokumente in na die Noord-Kaap. ‘n Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê die land se ekonomie verloor miljarde rand as gevolg van hierdie soort transaksies.