# Die Noord-Kaapse polisie het die vonnis in die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Kimberley verwelkom wat ‘n 32-jarige man vir ‘n dubbele passiemoord opgelê is. Die polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê Oetla Plaatje het sy 27-jarige meisie, Keitumetse Marekwa, en die 32-jarige Tlokotsi Makoloi in Januarie 2020 vermoor nadat hy hulle by Makoloi se woonplek saam in die bed betrap het:
Speel klankgreep: ENGOlebogengTawana