# Toyota Suid-Afrika en AgriSA het ‘n geleentheid aangebied om die boerderygemeenskap te vereer omdat hulle seker maak daar is altyd kos in supermarkte. Die Jong Boer van die Jaar, die mielie- en koringboer Gerhard Bruwer van die Noord-Kaap, en die Nuwe Oes van die Jaar-wenner, die protea- en hopsboer Beverley Joseph van die Suid-Kaap, het elkeen met ‘n splinternuwe bakkie weggery. Die finaliste is deur hulle provinsiale rade aangewys en moes daarna deur ‘n reeks uitdagende uitskakelrondes gaan. Hierdie kandidate se finansiële en sakevernuf is getoets.