# Die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sê die oes en droog van druiwe in die provinsie is aan die gang. Suid-Afrika verwag ‘n oes van 78-duisend ton bemarkbare druiwe vir die 2021/22-produksie-seisoen, waarvan ‘n merkwaardige 90-persent in die provinsie verbou word. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die 2020/21 finansiële seisoen het ‘n skerp afname van 16-persent getoon, weens ongunstige weerstoestande:
Speel klankgreep: ENGZandisileLuphahla