Skip to content

Nóg twee in hegtenis geneem in LEAP-beampte se moordsaak

# Die polisie het nóg twee verdagtes aangekeer in verband met die moord op ‘n LEAP-beampte, Siphelo Magwa, in Crossroads, Kaapstad. Magwa is in Mei verlede jaar saam met twee ander mans vermoor terwyl hy van diens af diens was. Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, FC Van Wyk, bevestig die arrestasies, met een verdagte wat by ‘n mediese fasiliteit in Crossroads aangehou word en die ander verdagte wat by die huis in Mitchells Plain in hegtenis geneem is. Albei sal môre in die Landdroshof in Athlone verskyn.