# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor snikhete toestande die naweek in die Wes-Kaap. Die maksimum temperatuur kan tot 40-grade styg. Die warmste plekke is na verwagting Beaufort-Wes, Prins Albert en Oudtshoorn, Die weerdiens waarsku sonsteek is die ernstigste gesondheids- en veiligheidsgevaar in sulke uiterste warm toestande. Brande kan ook vookom. As vermoed word iemand het sonsteek, moet mediese behandeling onmiddellik verkry word.