# ‘n Nege-en-dertigjarige Nigeriese burger is in Silverton in Tshwane in hegtenis geneem en word aangehou in verband met die besit en verkoop van dwelms ter waarde van 54-duisend-rand. Dit volg nadat lede van die Tshwane-metropolisie se dwelmeenheid inligting ontvang het oor ‘n verdagte wat dwelms in die gebied verkoop. Hy is in besit betrap van metamfetamien, nyaope, cat, en chemiese stowwe om dwelms te vervaardig.