Skip to content

Nog Eurostar kansellasies veroosaak ellende vir Nuwejaar reisigers

# Alle Eurostar-treine is gister gekanselleer weens oorstroomde tonnels in die suide van Engeland wat ellende vir tien-duisende Nuwejaars-reisigers veroorsaak het. Dit is die tweede groot ontwrigting in tien dae. AFP berig die jongste kansellasies volg na ‘n staking deur Franse vakbonde ‘n paar dae voor Kersfees en weerwaarskuwings vir reën, sneeu en ys in groot dele van Brittanje. Mismoedige passasiers, sommige in trane, is by die Londense stasie St Pancras gestrand, ná Eurostar al sy dienste vir die hele dag opgeskort het wat meer as 30-duisend mense geraak het. Eurostar bedryf dienste van Londen na Parys, Brussels en Amsterdam.