Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Nog 15 in hegtenis geneem in verband met moordsaak by Fort Hare [KLANK]

Nog vyftien mense is in hegtenis geneem in verband met die moord- en poging tot moordsake by die Universiteit van Fort Hare. Dit bring die aantal arrestasies in die saak nou op 25 te staan. Die verdagtes is oor die Paasnaweek in verskeie provinsies in hegtenis geneem, insluitend Gauteng, die Oos- en Wes-Kaap asook KwaZulu-Natal. Die vyftien verdagtes staar ‘n rits aanklagte in die gesig wat wissel van bedrog, korrupsie, ontvoering, moord en poging tot moord. Hulle sal na verwagting môre hul eerste hofverskyning in die Dimbaza-landdroshof in die Oos-Kaap maak.

ENG AthlendaonFortHare