# Die Noedels-vervaardiger Grandisync sê uitslae van die polisielaboratorium wys die oorsaak van die dood van van drie Oos-Kaapse kinders hou verband met ‘n landbougifstof, Termifos, en nie sy noedels nie. In November is sibbe Olwam en Athenkosi Ngwendu en hul niggie Sinothando dood nadat hulle na bewering kitsnoedels geëet het. Die maatskappy se regsverteenwoordiger, Stuart Laubscher, sê die maaskappy se eie laboratoriumuitslae op die noedels vrywaar die maatskappy van enige blaam. ‘n Polisiewoordvoer, Tembinkosi Kinana, het bevestig die toksikologie-verslag is afgehandel, maar dat geen details bekend gemaak mag word nie, aangesien die ondersoek sensitief is.