# Dit is nie nodig om vir die Pfizer-versterker-inspuiting op die regering se elektroniese inentingsdatastelsel te registreer nie. Die Departement van Gesondheid het ook bevestig Suid-Afrikaners kan by enige inentingsentrum opdaag vir hulle inspuiting. Die adjunkminister van Gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, sê terwyl die regering die vermenging van verskillende entstowwe ondersoek, is dit tans net diegene wat die Pfizer-entstof ontvang het wat die Pfizer-versterker-inenting kan ontvang. Dhlomo sê Johnson-en-Johnson-versterker-inspuitings is ook beskikbaar twee maande na die oorspronklike inenting.