Skip to content

Nicki Minaj aanhangers woedend oor haar optrede na haar arrestasie afgelas is

# Aanhangers van Nicki Minaj was woedend na die Amerikaanse kletsrymer se optrede by die Manchester Co-op Live-arena op die nippertjie afgestel is na sy by die Schiphol-lughawe in Amsterdam arresteer is. Die Nederlandse polisie sê Minaj is aangekeer omdat sy vermoedelik sagte dwelmmiddels uitgevoer het. Sy is beboet en toegelaat om haar reis voort te sit. Maar sy was nie betyds vir haar konsert gister in Manchester nie, wat uitgestel is terwyl sowat 20-duisend aanhangers in die arena op haar gewag het.