Nuus 8:00
BULLETIN 14 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die UDM vra vir ‘n nasionale hersiening van polisiëringsvermoë
# Die DA sê Ramaphosa se woorde kom te laat vir die mense van Noordwes
# En, Rassie is tevrede met die Springbokke se vertoning in Wellington
# Die UDM doen ‘n beroep op ‘n dringende nasionale hersiening van polisiëringsvermoë aangesien voortdurende bendegeweld steeds baie gemeenskappe regoor die land raak. Bongani Maqungwana van die UDM sê gemeenskappe in Kaapstad is vasgevang in die greep van misdaad, bendegeweld en dwelmmisbruik, terwyl die polisie steeds versuim om sy grondwetlike plig te vervul om veiligheid en sekuriteit te bied. Hy sê jare van onderbenutting, korrupsie, stadige reaksietye en verwaarlosing het inwoners kwesbaar en gefrustreerd gelaat, wat vertroue tussen burgers en wetstoepassers ondermyn:
# Die DA in Noordwes sê president Cyril Ramaphosa se oproep vir dringende optrede om regeringsmislukkings in die provinsie te beëindig, kom heeltemal te laat vir die duisende wat reeds jare lank onder ANC-wanbestuur ly. Leon Basson van die DA sê die president se uitsprake oor Spesiale Ekonomiese Sones, regulatoriese hervorming en infrastruktuur, is nie nuwe beloftes nie. Hy sê wat nuut is, is die publiek se groeiende weerstand teen die ANC se leë retoriek:
# Die MK-party het die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se roekelose besnoeiing van fondse aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee veroordeel. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê McKenzie saboteer grondwetlike ontwikkeling en verpligtinge en die drome van gewone Suid-Afrikaners. Hy sê die MK-party eis ‘n onmiddellike ondersoek deur die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange na McKenzie se optrede.
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Saterdag in ‘n brief aan sy NAVO-bondgenote ‘n ultimatum gestel, en gesê Amerika sal slegs “groot” sankies teen Rusland instel as hulle saamstem om dieselfde te doen, en ophou om olie by Rusland te koop. Dit sal ‘n noemenswaardige verandering vir die alliansie wees as hulle aan Trump se eise voldoen, en daar is groot vrae of daar gemeenskaplike belangstelling sal wees om die hierdie stappe te doen. Die president het ook ‘n beroep op NAVO gedoen om tariewe teen China aansienlik te verhoog as ‘n magsvertoon. Trump het bygevoeg dat Rusland se oorlog teen Oekraïne “vinnig” sal eindig as hierdie stappe gedoen word.
# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê hy is hoogs tevrede met sy span se grootste oorwinning ooit teen die All Blacks, maar sê hulle het ‘n moeilike taak teen Argentinië in hul oorblywende twee Rugbykampioenskap-wedstryde. Die 43-10 oorwinning is die grootste pakslae wat die All Blacks nog ooit op die hals gehaal het. Die Bokke is nou weer boaan die wêreldranglys en hulle behou die Vryheidsbeker vir die tweede agtereenvolgende jaar. Erasmus het ook die lojale Springbok-ondersteuners geprys en gesê hy is bly dat die span weereens die land trots gemaak het.
# En ten slotte, die Nieu-Seelandse verdedigende kampioene van die vroue-Wêreldbeker, het ‘n eerste helfte skok oorleef om Suid-Afrika Saterdag met 46-17 in die kwarteindronde van hulle vroue-Rugby Wêreldbekerwedstryd te verslaan. Suid-Afrika het hulle kragtige voorspelerpak gebruik om die eerste helfte met tien-elk gelykop te eindig. Maar die All Black-vroue het balbesit in die tweede helfte oorheers om hulle teenstanders te oorrompel en met ‘n totaal van agt drieë te seëvier. Afrigter Swys de Bruin sê hy is trots op die span en wat hulle vir miljoene jong Suid-Afrikaanse vroue beteken. Nieu-Seeland speel Vrydag in Bristol in die halfeindronde teen Kanada.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….