Nuus 13:00
BULLETIN 14 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Diensverskaffer is aangestel om ‘n befondsingmodel vir die SABC te ontwikkel
# Die Vervoerdepartement wysig die Vervoerwet om e-taxis as bykomende keuse in te stel
# En atletiek: Gift Leotlela en Akani Simbine het albei vir die 100-meter halfeindronde in Tokyo gekwalifiseer
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, het bevestig die department het die BMIT Knowledge Group aangestel om ‘n befondsingmodel vir die SABC te ontwikkel. Malatsi sê BMIT is ‘n bekende Suid-Afrikaanse IKT-navorsings- en adviesfirma met ‘n bewese rekord van ekonomiese modellering, markanalise in die uitsaaiwese, en regulatoriese beleidsondersteuning:
# Die Nasionale Departement van Vervoer het die langverwagte Nasionale Wysigingswet op Landvervoer en die Gewysigde Regulasies vir instelling in die Staatskoerant gepubliseer. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die Wet stel ‘n vereiste vir e-taxi openbare vervoeroperateurs om bedryfslisensies te hê. Hy sê app-maatskappye moet registreer en voldoen aan maatskappywette in Suid-Afrika onder die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens:
# ‘n Dronk bestuurder is aangekeer op die N3 suidwaarts in KwaZulu-Natal, nadat hy teen drie motors vasgery het toe hy van ;n misdaad toneel probeer vlug het. Woordvoerder van die Department van Vervoer, Ndabezinhle Sibiya, sê ‘n ontstelde vrou het die Padverkeersinspektoraat in kennis gestel van ‘n dronk bestuurder wat in haar vasgery en gevlug het. Hy sê toe die man gekonfronteer is, het hy die beampte aangerand en probeer vlug:
# Atletiek: Nadat die nasionale gemengde aflosspan die Afrika-rekord in die eerste ronde uitdunne gebreek het, het hulle Saterdag in die eindronde gedurende die eerste dag van die Wêreldatletiekkampioenskap in Tokyo, Japan, in die sesde plek geeïndig. Die nasionale kampioen, Gift Leotlela en die Suid-Afrikaanse rekordhouer, Akani Simbine het albei hulle uitdunne gewen in die openingsronde van die mans 100-meter naelloop. Leotlela het sy persoonlike beste tyd van 9,87-sekondes aangeteken, en Simbine het in 10,02 klaargemaak. Albei atlete het hulle plekke bespreek in die halfeindrondes vanmiddag.
# Rugby: Die vertoning van die Springbok-vroue by die 2025 Vroue-Wêreldbeker is nie net ‘n aanwyser van wat in die toekoms lê nie, maar ook ‘n nalatenskap wat die volgende generasie sal inspireer om hulle na te doen. Die hoofafrigter, Swys de Bruin, sê die span was 12de op die wêreldranglys aan die begin van die toernooi maar is nou een van die top agt spanne in die wêreld:
# En ten slotte, Coldplay het die einde van hul 10 vertonings op die Wembley-stadion wat rekords laat spat het, afgesluit met ‘n skitterende, veelkleurige aand van musikale towerkuns en die speel van treffers uit elke era van hul 25-jaar lange loopbaan. Die vertoning het die jongste deel van hul Music Of The Spheres-toer afgesluit, wat sedert 2022 vier keer om die wêreld gereis het. Dit is nou die toer met die hoogste bywoning in die geskiedenis, met meer as 12-miljoen kaartjies wat verkoop is. Sanger Chris Martin het van die verhoog af belowe dat die toer oor omtrent 18 maande “êrens in Suider-Afrika” hervat sal word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….