Nuus 11:00
BULLETIN 6 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# NERSA keur ArcelorMittal se aansoeke by Eskom goed vir ses-jaar-onderhandelde prysooreenkomste
# Die DA tree beslissend op teen ‘n Stellenbosch-munisipale werknemer
# En Tennis: Alcaraz en Sinner is in die Amerikaanse Ope-eindstryd
# Die Energiereguleerder het ArcelorMittal Suid-Afrika, se aansoeke by Eskom vir ses-jaar-onderhandelde prysooreenkomste goedgekeur. Dit is volgens die reguleerder se woordvoerder, Charles Hlebela, vir sy staalvervaardigingsaanlegte in Newcastle en Vanderbijlpark. Hlebela sê in September en Oktober 2024 het ArcelorMittal sy aansoeke by Eskom ingedien vir die oorweging om verlaagde tariewe te onderhandel ingevolge die bepalings van die Raamwerk vir Onderhandelde Prysooreenkomste:
Intussen sê Eskom sê die kragstelsel bly stabiel, veerkragtig en betroubaar, wat beteken die land was vir 113 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê daar was min onbeplande onderbrekings, wat die volgehoue verbeterings in die prestasie van die opwekkingsvloot beklemtoon . Sy sê onbeplande verliese as gevolg van onderbrekings het verder tot sewe-duisend-55-megawatt verminder wat steeds ver onder die tien-duisend-megawatt-drempel is:
# Die DA sê hy het beslissende stappe gedoen om die senior munisipale werknemer van die Stellenbosch Munisipaliteit, Alexander Kannemeyer, te skors. Kannemeyer is op video vasgelê waar hy rassistiese sienings uitspreek wat onregmatige arbeidspraktyke bevorder. Die party sê binne 48-uur ná die nuus bekendgemaak is het die burgemeester van Stellenbosch, Jeremy Fasser, ‘n raadsvergadering belê. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê die saak gaan oor die beskerming van werknemers teen ‘n ongesonde werksomgewing:
# Tennis: Carlos Alcaraz van Spanje en Jannik Sinner van Italië gaan sake in Amerikaanse Ope-eindstryd uitspook, wat die derde agtereenvolgende Grand Slam-eindstryd tussen die twee sal wees. Alcaraz, wat nog nie ‘n stel verloor het nie, het Novak Djokovic in die halfeindstryd in drie stelle verslaan. Sinner het sy plek verseker toe hy Felix Auger-Aliassime in ‘n halfeindstryd in vier stelle geklop het. Die vroue-eindstryd is tussen die verdedigende kampioen Aryna Sabalenka van Belarus en Amanda Anisimova van Amerika.
# En laastens: Die Tafelberg-nasionale park sê daar is talle besoekers wat die volmaan en maansverduistering van vanaand tot Maandagaand by die verskillende uitkykpunte op die berg sal wil ervaar. SANparke se woordvoerder, Charles Phahlane, sê ‘n maansverduistering is anders as ‘n sonsverduistering, waarna jy nooit direk moet staar nie. Hy sê die sigbaarheid oor die stad Kaapstad sal na verwagting optimaal wees, en geen brille of filters word benodig nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….