Nuus 07:00
BULLETIN 9 Julie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC verwerp bewerings dat hy agter die MK-party se leierskapprobleme sit
# Biden stel die Demokrate in die Kongres in kennis dat hy nie onttrek nie
# En Paralimpiese Spele: Gayton McKenzie word geïnspireer deur Span SA
# Die ANC sê hy moenie gebruik word as sondebok vir ander partye se interne probleme nie, want hy is te besig om die land te regeer. Dit volg nadat die MK-parlementslid, Duduzile Zuma-Sambudla, die ANC beskuldig het dat hy die party se leierskapsprobleme veroorsaak deur dit te probeer infiltreer en die mag oor te neem. Sy blameer die ANC ook vir die kritiek wat sy van haar partylede ontvang. Die ANC se waarnemende woordvoerder, Zuko Godlimpi, sê hulle het geen belang by MK-kwessies nie.
# Die Burgerregte-vakbond vir die Polisie en Gevangenisse, vra vir polisiëring wat deur intelligensie bestuur word en verhoogde belegging in tegnologie, opleiding en gemeenskapsvennootskappe om misdaad doeltreffend te pak. Die vakbond wys op onlangse suksesse, insluitend die inhegtenisneming van 64 vermeende ontvoerders en die ontsetting van ontvoerde individue, oor ’n tydperk van ses maande. Die woordvoerder van Popcru, Richard Mamabolo, sê gevorderde strategieë is nodig om die ontwikkelende aard van misdaad en geweld te bekamp, wat openbare veiligheid en nasionale sekerheid verseker:
# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal sê assesserings word tans onderneem nadat wydverspreide veldbrande skade veroorsaak het aan huise en voertuie in distrikte soos King Cetshwayo, uThukela, en uMzinyathi. Die brande raak munisipaliteite soos uMlalazi, eMthonjaneni, Okhahlamba, en uMvoti. Die woordvoerder van die departement, Senzelwe Mzila, sê beamptes bepaal die omvang van die skade en pogings is tans daarop gerig om te herbou en te herstel en die nodige ondersteuning te verskaf aan inwoners wat geraak word:
# Die Stad Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Anthea Leitch, het met onmiddellike ingang bedank. Sy was ‘n aanstelling van die Patriotic Alliance en het in Januarie 2022 by die burgemeesterskomitee aangesluit. Die party se adjunkpresident Kenny Kunene sê Leitch sal voltyds fokus op haar amp as tesourier-generaal. Burgemeester Kabelo Gwamanda het haar bedanking aanvaar en beskryf Leitch as ʼn betroubare en hardwerkende lid van die komitee.
# Amerika se president Joe Biden het in ʼn brief aan Demokrate in die Kongres gesê sy veldtog om herverkies te word en oudpresident Donald Trump te verslaan, gaan voort. Dit volg ten spyte van kommer oor sy geestesgesondheid en die lewensvatbaarheid van sy veldtog. Biden sê hy voel ʼn diepe verpligting teenoor die geloof en die vertroue wat kiesers van die Demokratiese Party in hom stel. Hy sê enige swak besluitneming of gebrek aan duidelikheid oor die taak wat voorlê, help Trump en benadeel die party.
# Paralimpiese Spele: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê hy is geïnspireerd deur die atlete wat Suid-Afrika in Augustus by die Paralimpiese Spele in Parys gaan verteenwoordig. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie, Olimpiese en Paralimpiese Komitee het ʼn eerste groep van 26 atlete aangekondig wat aan die Spele sal deelneem. Suid-Afrika het sewe medaljes, vier goud, een silwer en twee brons, by die Tokio-spele gewen. McKenzie het die atlete toegespreek en sê die span maak reeds die land trots:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-437-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-361-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….