Skip to content

Netanyahu dreig om dele van Gaza oor te neem as gyselaars nie vrygelaat word nie

# Premier Benjamin Netanyahu dreig om dele van Gaza oor te neem as Hamas nie die gyselaars vrylaat nie, terwyl die militante groep gewaarsku het hulle sal “in kiste” terugkeer as Israel nie ophou om die Palestynse gebied aan te val nie. Die weermag het net meer as ‘n week gelede sy bedrywighede hervat ná ‘n wapenstilstand in Januarie. Israel sê twee projektiele is uit Gaza op sy land afgevuur. Dit volg ‘n dag nadat honderde Palestyne teen Hamas betoog het, slagspreuke teen die Islamitiese beweging gesing het en die einde van die oorlog bepleit het.