# Statistiek Suid-Afrika sê ‘n sensusopname van inwoners en huise, Sensus 2022, word van 2 Februarie af gedoen. Dit sal die vierde keer sedert 1994 wees wat dit gedoen word. ‘n Woordvoerder sê die opname sal inligting inwin oor lewensomstandighede, toegang tot basiese geriewe en inkomste. Dit sal dan gebruik word vir beplanning, monitering en evaluering. Hy moedig Suid-Afrikaners aan om hul huishoudings op Statistiek Suid-Afrika se webtuiste te registreer. Meer inligting kan gekry word by www.census.statssa.gov.za.