# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het die sperdatum uitgestel vir skriftelike voorleggings en ondersteunende bewyse oor die markondersoek na die uitwerking van vaste heffings wat Eskom en munisipale elektrisiteitsverspreiders hef. Die doel van die ondersoek is om te bepaal hoe vaste en kapasiteitsgebaseerde koste gestruktureer en toegepas word in die elektrisiteitsverspreidingsektor, asook die uitwerking. Dit is in die besonder in gevalle waar verhogings Eskom se goedgekeurde tariefaanpassings van 12,74-persent oorskry het. Charles Hlebela van Nersa sê die sperdatum is nou 8 November:
Nersa stel spertyd uit vir indiening van voorleggings oor die markondersoek na vastekoste-kragtariewe [KLANK]
ENG CharlesonDeadline