# Die polisie in Gqeberha ondersoek die ontvoering van die visepresident van die Sakekamer van Nelson Mandelabaai, Kalvin Naidoo, buite sy werkplek in Lindsayweg. Volgens die woordvoerder van die polisie, Sandra Janse van Rensburg, is Naidoo gedwing om stil te hou toe ‘n voertuig sonder nommerplate met sy motor gebots het. Vyf gemaskerde verdagtes het hom toe in ‘n ander voertuig gedwing en gevlug. Die motief vir die ontvoering is nie bekend nie.
Nelson Mandelabaai Sakekamer-visepresident ontvoer buite werksplek