Skip to content

Nelson Mandelabaai-sakekamer veroordeel ontvoering van visepresident Kelvin Naidoo

# Die Nelson Mandelabaai-sakekamer veroordeel die ontvoering van die tegniese direkteur van Auto X en sy visepresident Kelvin Naidoo. Die uitvoerende hoof van die kamer Denise van Huyssteen vra sy dringende en veilige terugkeer na sy familie, en beskryf die 51-jarige as ‘n gewaardeerde lid van die gemeenskap. Van Huyssteen pleit vir proaktiewe en sigbare polisiëring om toekomstige misdade te voorkom en die veiligheid van die plaaslike sakegemeenskap te verseker.