# Die Gautengse provinsiale regering het nege senior amptenare as ‘n voorsorgmaatreël geskors, nadat hulle in ‘n verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid geïmpliseer is. Die amptenare is drie senior bestuurders in die Departement van Gesondheid en ses senior bestuurders in die Departement van Infrastruktuurontwikkeling. Die SOE-verslag het ernstige onreëlmatighede ontbloot, in die toekenning van tenders vir die opknapping van die Anglo Gold Ashanti-hospitaal aan die Wes-Rand. Die provinsiale regering se woordvoerder, Vuyo Mhaga, sê dissiplinêre verhore sal begin sodra die aanklagte afgehandel is:
Speel klankgreep: ENG MhagaOnOfficials