Skip to content

Nedbank doen verslag oor toename in kapitaalprojekte-aankondigings vir 2024

# Die Kapitaalbestedingsmonitor van Nedbank toon in die eerste helfte van 2024 ‘n toename in die aankondiging van nuwe projekte en staan op 797,7-miljard-rand in vergelyking met 193,2-mijard-rand vir die hele 2023. Die styging word toegeskryf aan verbeterings met kragtekorte, logistiek en inflasie. Nedbank verwag egter ‘n daling van 2,5-persent in die bruto vasgestelde kapitaalvorming vir 2024 weens die lang aanlooptyd vir die implementering van projekte. Die algemene regeringsektor het die meeste planne van 393,3-miljard-rand insluitende groot behuising- en waterprojekte.