Skip to content

Navorsing toon Amerikaanse privaat maatskappye belê miljarde in fossielbrandstof

# Nuwe navorsing toon privaat-maatskappye gebruik Amerikaanse werkers in die openbare sektor se aftree-geld om fossielbrandstof-projekte te befonds. Navorsers van Americans for Financial Reform Education Fund, die Global Energy Monitor, en die Private Equity Stakeholder Project het bevind 21 maatskappye befonds projekte wat jaarliks meer as 1,17-miljard ton koolstofdioksied vrystel. Die grootste sondaar was die Amerikaanse beleggingsfirma, EIG, wat 23 fossielbrandstof-maatskappye in sy portefeulje het. Hulle stel na raming meer as 255-miljoen metrieke ton koolstofdioksied per jaar vry.